​14 klein(erige) huise om van te droom

Johannes van Graan Johannes van Graan
homify
Loading admin actions …

Nie almal van ons droom daarvan om in massiewe huis te woon nie – party van ons verkies eintlik ‘n kleiner (maar nog steeds gerieflike) leefspasie, aangesien dit to so lekker snoesig kan wees, om nie eers te praat van hoe makliker dit is om skoon te maak nie!

Wat baie mense nie verstaan nie is dat “klein” nie noodwendig “ongemaklik” hoef te beteken nie. Mens kan nog steeds in ‘n kleiner huis bly en ‘n heel praktiese leefstyl geniet – als hang af van die uitleg, die boustyl, materiale, ens. 

Dus, as ‘n beskeie skeppingtjie meer jou styl is, kyk gerus na dié lys van 14 pragtige huisies (sommige kleiner as ander) wat dit als bied: gerieflike spasie, praktiese uitleg, ‘n stylvolle ontwerp en hope sjarme.

1. Perfek vir kuier

Net omdat jou huis klein is beteken dit nie jy kan glad nie gaste onthaal nie. Kyk net na daardie lieflike afdak stoep wat net wag om ‘n paar vriende te ontvang! 

En dan praat ons nie eers van die huis se moderne styl en voorkoms nie…

2. ‘n Hout skepping

Kyk net hoe houtplanke, kleure, groot vensters en ‘n afdakkie karakter gee aan dié skepping. En aangesien die huis op ‘n verhoogte fondasie gebou is, lyk en voel hy sommer heelwat groter en hoër.

3. Die briljante boksie

Ons bewonder regtig hierdie innoverende ontwerp wat die moderne style soveel meer sjiek laat lyk. Kan jy dink hoeveel lig daardie binnekant geniet danksy die groot vensters en glasdeure? En moenie van daardie fantastiese houtdek vergeet nie.

4. Die familie huis

As die “country” styl beter werk vir jou, stel ons hierdie ontwerp voor. Daardie ligte kleure en kreatiewe boustyl laat dié huis net soveel meer verwelkomend lyk – dalk kan dit perfek werk vir jou en jou gesin?

5. Die huis van blokkies

Front Elevation of Residential Project , Moon Arc Moon Arc Casas modernas

Kan jy dink hoe dit moet wees om jou eie huis te ontwerp? Ons kan net dink hoeveel mense se kreatiwiteit hulle sal inspireer om ietsie soos dié huis te ontwerp. Al daardie verskillende vlakke en areas laat dit soos ‘n regte bou-blokkie huis lyk.

6. Bou boontoe

Moenie dat ‘n klein erfie jou kortwiek nie – bou boontoe om meer spasie te geniet! Dit is presies wat die argitekte van dié huis gedoen het, en hulle het heel slim besluit om die onderste spasie te omskep in ‘n parkeer area!

7. Stylvol Skandinawies

Minder is meer, soos hulle sê – en hierdie skepping bewys dit. Al is daar nie heelwat frilletjies en valletjies aan die buitekant nie, kan mens sien dat die boustyl tog als insluit wat nodig is, veral ‘n heerlike stoep waar mens kan sit en die uitsig geniet.

8. Stil en smaakvol

homify Casas modernas

Ons is mal oor die ligte kleure wat hierdie skepping so stil en smaakvol laat lyk. Die baksteen en hout verleen bietjie karakter aan die buitekant om te sorg dat dit nou nie te vervelig lyk nie. 

En wat is ‘n huis nou sonder ‘n lekker balkonnetjie waarop mens kan sit en die sonsondergang bekyk?

9. ‘n Unieke styl

homify

Al is hierdie huis ‘n moderne skepping, sorg hy tog vir ‘n unieke styl (veral aan die buitekant) sodat hy nie noodwendig sal saamsmelt met die res van die buurt nie.  

Hoeveel huise ken jy wat so ‘n deftige agterstoep met houtpanele geniet?

10. Die huis wat heeltemal uitstaan

As mens vinnig kyk, lyk dié skepping meer soos ‘n halfgeboude brug. En tog geniet hierdie ontwerp heelwat voordeel, aangesien sy unieke boustyl sorg dat hy op basies enige landskap kan pryk.

Maar is dit jou styl?

11. Warm en vriendelik

Die kombinasie van kleure en materiale (steen, klip, hout, ens.) laat hierdie huis so warm en vriendelik lyk. En natuurlik bied hy ook ‘n heel praktiese uitleg aan, danksy daardie lang stoep en balkon.

12. Die donker opsie

homify Casas minimalistas

Al het ons volgende opsie nie baie “detail” aan die buitekant nie, trek hy definitief aandag danksy daardie donker kleure wat hom van vloer tot dak karakter gee.

13. Gebou of geplant?

Met al die hout en plantegroei aan die buitekant lyk dit kompleet asof hierdie huis uit die grond opgroei. Maar dit is juis hierdie faktore wat dit so uniek maak – ‘n heel moderne skepping wat ook baie rustieke besonderhede geniet.

14. More se elegansie

homify Casas minimalistas

Wat kry jy as jy 21ste-eeu elegansie met moderne minimalisme meng? Hiedie futuristiese skepping! Eenvoudige lyne, ligte kleure, ‘n skoon styl en ‘n heel slim uitleg wat prakties dog elegant is – as dit is hoe die huise van die toekoms lyk, kan ons definitief nie meer wag nie!

Vir nog ‘n paar klein-maar-getryn ontwerpe, kyk bietjie na: Small but lovable! 20 charming mini-houses.

¿Necesitas ayuda con tu proyecto?
¡Contáctanos!

Destacados de nuestra revista