​Hoekom het ek nie daaraan gedink nie? 10 Kreatiewe huis idees

Johannes van Graan Johannes van Graan
Le couloir a une vraie fonction, MON OEIL DANS LA DECO MON OEIL DANS LA DECO Pasillos, vestíbulos y escaleras escandinavos
Loading admin actions …

Ons almal wil trots wees op ons huise, of dit nou die ingangsportaal, sitkamer of agterstoep is. Somtyds verf ons ‘n vertrek, en ander kere kos dit nuwe meubels om ons huise se styl bietjie op te tower. Dit hang maar af wat gedoen moet word en wat die betrokke begroting is. 

Maar tesame met karakter en skoonheid is daar ook ‘n ander element wat ons almal in ons huise, klein of groot, benodig: stoorspasie. En dit is waarop ons vandag wil fokus…

1. Nog stoorspasie

Laat daardie leë muur jou uithelp met stoor- of hangplek; ‘n eenvoudige bank en paar rakke kan die wêreld se verskil maak, veral in klein spasies soos ‘n ingangsportaal.

2. Hangplek met karakter

Maar ons is nog nie klaar met hangplek nie – moenie dink dat ‘n eenvoudige horisontale paal jou enigste uitweg is nie. Kyk net hoeveel kreatiewe karakter geniet hierdie ingangsportaal danksy iemand wat net bietjie buite die boks gedink het.

3. Hoe lyk jou hoeke?

Wie’t nou gedink hoeke kan uithelp met stoorplek en om jou indrukwekkende dekorstukkies te laat uitstal? Al wat jy kort is ‘n treffende rak ontwerp soos hierdie.

4. ‘n Kelder onder jou trap

Die spasie onder jou oop trap kan opgevul word met ‘n meubelstuk of twee, ja, maar jy kan ook ‘n heel fantastiese wynkelder ontwerp daar skep, nes hier gewys. Dis mos nou hoe jy gaste beïndruk!

5. Hoe jou mure kan help

Danksy hierdie muurnisse, is hierdie verveelde ou gangetjie in iets treffends (en prakties) omskep.

6. Heel stylvolle rakke

Hierdie is nou ‘n pragtige voorbeeld van hoe oop rakke self ‘n mooi ontwerp kan word, maak nie saak hoe baie of min foto’s, blompotte en ander goedere op hulle pryk nie.

7. Nog ‘n funksie vir daardie trappe

Geen nut vir ‘n wynkelder nie? Gaaf, laat bou dan maar kaste en laaie onderkant jou trap om uit te help met stoorplek, en voeg ook sommer ‘n lekker ou bankie by vir sitplek, nes hierdie fantastiese voorbeeld vir ons wys.

8. ‘n Klein-maar-getryn kantoor

homify Dormitorios minimalistas

Wie sê jy kort ‘n tamaai groot kamer vir ‘n studeerkamer? Hierdie muurnisse, tafeltjie en stoeltjie vat baie min spasie, maar verskaf al wat nodig is vir ‘n oulike ou werksplekkie.

9. Karakter vir jou mure

Ons almal weet dat daar min dinge wat meer hartseer is as ‘n leë muur; dus, hang so paar foto’s, portrette en skilderye op (in verskillende rame) om bietjie kleur, tekstuur en karakter te verskaf.

10. Glad nie groot nie

Kyk nou net hoe maklik is dit om ‘n nou gangetjie nie net mooi te maak nie, maar ook prakties – daardie boekrakkie kan regtig nie minder spasie opvat nie! 

Volgende op ons lys: 11 super slim stoorplêk idees vir klein huise.

¿Necesitas ayuda con tu proyecto?
¡Contáctanos!

Destacados de nuestra revista