​5 Foto's van sensasionele Suid-Afrikaanse huise

Johannes van Graan Johannes van Graan
House Jones, Environment Response Architecture Environment Response Architecture Casas eclécticas
Loading admin actions …

Hier op homify is ons mal daaroor om na pragtige huise te kyk, veral wanneer hulle sommer reg hier in Suid-Afrika te sien is, en/of deur plaaslike argitekte ontwerp is.

Vandag se stukkie fokus op vyf sulke huise was lieflik aandag trek, nie net omdat hulle heelwat groter is as jou alledaagse skepping nie, maar ook omdat die kombinasie van materiale, kleure, teksture en vorms verseker dat die eindresultaat indrukwekkend én treffend is – super inspirerend, as jy dit nou so wil noem. 

Kyk gerus of jy saamstem met ons keuses…

1. Die innoverende struktuur

Dié stylvolle skepping is te danke aan Two Five Five Architects, wat lekker rondspeel met lig en skadu – kyk net na daardie parmantige plafon/dak.  

‘n Lekker welige tuin met hope plantegroei voeg lekker groenigheid by, wat ook pragtig kontrasteer met die moderne styl van die huis.

2. Manjifiek en modern

Die kreatiewe mense by Urban Concept Architects in Pretoria is eerste op ons lysie met hierdie briljante skepping van hulle, wat weereens wys hoekom kontemporêre ontwerp soveel aandag geniet, nie net hier in Suid-Afrika nie, maar ook wêreldwyd. 

Kyk net hoe lieflik maak die huis oop danksy die menigte glasdeure en groot vensters, om nie eers van daardie bekoorlike erf/tuin aan die agterkant te praat nie!

3. Een met die natuur

Ons volgende struktuur werk perfek saam met die natuur rondom hom, danksy Response Architecture

Hierdie ontwerpers het gegaan vir ‘n unieke buitekant wat op plekke amper deursigtig is, en dis juis hier waar die keuse van klimop soveel meer treffend te voorskyn kom. Natuurlik gaan daardie rustieke oppervlaktes van klip ook pragtig saam met die welige plantegroei.

4. ‘n Meer tradisionele huis

homify Casas rurales

Volgende op ons lys is ‘n dubbelverdieping ontwerp deur Olivehill Architects, wat ons herinner aan ‘n outydse, tradisionele plaashuis. En ook hierdie een bewys net weer hoe gewild dit in Suid-Afrika is vir wonings om ‘n oopstyl-ontwerp te hê wat die buitekant na binne lok, of dit nou deur middel van glasdeure, balkonne of tamaai groot stoepe is.

5. Klassiek en fraai

Ons sluit af met ‘n ander skepping wat mens ook terugneem na ‘n eensame struktuur op ‘n plaas landskap, hierdie keer deur Walker Smith Architects. Dié huis is ‘n wonderlike voorbeeld van hoe tydloos die klassieke styl kan wees, en hoe dit by byna enige woonbuurt kan inpas (met ‘n paar moderne/rustieke afwerkings bygevoeg, natuurlik).

Ons gunsteling deel? Beslis daardie stoepie met ‘n tuinstelletjie en houtpergola – perfek vir enigiets van teetyd saam met vriende tot die lees van ‘n boek op jou eie. 

Volgende op ons lys: Die Johannesburg huis van jou drome.

¿Necesitas ayuda con tu proyecto?
¡Contáctanos!

Destacados de nuestra revista